Saturday 24 August 2013

Erediens 25 Aug 2013

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese, Tee & Koffie: Ja
Mannebidure: Ja
Woensdae (by Hennie Pretorius) om 06:00 Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.
VOETSPORE (Hoërskool jeug): Ja
Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.



BLOMBEURTE
VANDAG:                  
Ettie van Heerden
VOLGENDE WEEK:
Rian van Zyl

SKINKBEURTE
VANDAG:
Wyk 11 + 12
VOLGENDE WEEK:
Wyk 13 + 16
BYBELVERSPREIDING


 
BORGE / DONASIES BAIE NODIG.
Bybels in Afrikaans, Engels en Zoeloe is by die kerkkantoor beskikbaar teen R35 stuk. Die kantoor het reeds hul begroting vir die jaar oorskry en benodig dringend borge / donasies.
Dit kan sommer in ‘n gemerkte koevertjie in die kollektesakkie gegooi word.
Die koevertjie wat egter vandag (Bybelsondag) die afkondigings vergesel, gaan egter aan die Bybelgenootskap.
Baie dankie! 



Op Sondag, 22 September, sal daar nie ‘n erediens hier by die kerk wees nie. 
Almal word hartlik uitgenooi na ‘n GESAMENTLIKE DIENS by die Skougronde!



REKORDEKSAMEN
Sterkte met die kwartaal wat voorlê, veral vir die matrieks wat hierdie kwartaal rekord eksamen skrywe.


BEELD NA DIE MOEDERS- / KINDERKAMER IN DIE SAAL  
Ons gaan iemand professioneel nader om die beeld-uitsending na die kinderkamer te herstel. Daar is egter voldoende klank. Wees asb geduldig! 


MELD AAN EN  BOU SAAM!
Gaan kyk gerus in die saal hoe jy betrokke kan raak en help om ons mooi gemeente te bou. Ons het plakkate met die verskillende diensgroepe van ons gemeente daar aangebring met inligting van die dienswerk wat so ’n diensgroep doen. Daar is plek waar jy jou naam kan inskryf. Moenie vergeet van 2014 se blombeurte (heel links op die ander kennisgewingbord) nie. Elkeen se betrokkenheid en hulp sal verseker dat ons ook van ons gemeente sal kan sê: HIER IS LEWE!



Neem solank kennis van ons SENIORDIENS! 
Wat sal plaasvind op 27 Oktober en nie meer op 6 Oktober soos op die kerkkalender aangedui is nie, want Ds Giel is daardie tyd (6-11 Okt) by die Alg. Sinode.
Alle “oumas” en “oupas” welkom!