Bedieninge

Indien u by enige bediening wil inskakel, skakel asseblief vir Ceska by die kerkkantoor vir meer inligting of bedieningsvoogde se kontakbesonderhede.

DOEL
Om lidmate te  identifiseer en te organiseer in kleingroepe om so God beter te leer ken en te loof, wat mekaar ondersteun en aanspoor
tot lewe en diens aan Christus.

TAAK
Koördinering van selgroepe
Uitbreiding en vermeerdering van selgroepe
Identifisering van leiers
Opleiding en Toerusting van leiers


Louis Gravett
Giel Roux
Dolf Volschenk


Lofsanggroep

DOEL
Om die gemeente tydens eredienste in sang en musiek te lei tot aanbidding en lof aan God.

Mimi de Villiers
Giel Roux, Heine Weistra, Harmen Weistra, Frik Weistra,
Maryke Barnard, Manus Mentz, Lucia Saayman, 
Mimi en Deon de Villiers, Aninke Stroebel, Marinda Visser.

TAAK
Lei en ondersteun lofsang voor en tydens die diens
Help gemeente nuwe liedere aanleer
Skep atmosfeer van lof en aanbidding tydens die eredienste.

Sing en bespeel instrumente.

EREDIENS

DOEL
Om eredienste aan te bied en so in te klee dat ’n deelnemer God se teenwoordigheid sal beleef deur lof, dank en nadenke.

TAAK
Aktuele eredienste instandhou
Kollektebeurte reël en koördineer
Lofsanggroep saamstel.
Liedere vir voorsang kies, beurte reël en koördineer
Klank- en rekenaardiensbeurte reël
Ouetehuis uitsending voorsien en in stand hou
Gaspredikers reël
Afkondigings gereed maak

Stoffel Lombard,
Nico von Wielligh, Thinus Bosse, Dougie Greaves
Ceska van Huyssteen. Johleen du Plooy.

Hier is ook 'n span vrywillers wat sondae help met inneem van kollekte.
Enige ouderdom, letterlik 8 tot 80 is welkom om by die bediening behulpsaam te wees.

BYBELVERSPREIDING

DOEL
Om die Evangelie te versprei deur Bybels gratis of bekostigbaar
uit te deel.

TAAK
Bybels aankoop en beskikbaar hê vir mense wat wil hê.
Nader borge en donateurs vir die aankoop van die Bybels.
Versprei die Woord.

Ceska van Huyssteen
Nellie Potgieter
Tannie van der Merwe – Aftree oord
Nelis Stroebel

VRYWILLIGERS
Rita Siese