Wednesday 21 August 2013

Erediens 18 Aug 2013


Hartlik welkom by vanoggend se erediens en Nagmaal.

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese, Tee & Koffie: Ja
Mannebidure: Ja
Woensdae (by Hennie Pretorius) om 06:00 Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.
VOETSPORE (Hoërskool jeug): Ja
Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

BEELD NA DIE MOEDERS- / KINDERKAMER IN DIE SAAL
Ons gaan iemand professioneel nader om die beeld-uitsending na die kinderkamer te herstel. Daar is egter voldoende klank. Wees asb geduldig!


BLOMBEURTE
VANDAG:                  
Alta Botha

VOLGENDE WEEK:
Ettie van Heerden


SKINKBEURTE
VANDAG:
Wyk 9 + 10

VOLGENDE WEEK:
Wyk 11 + 12

Indien jy graag wil help om ’n blombeurt waar te neem, skakel die kerkkantoor dat ons jou kan bel indien ons iemand vir ’n betrokke Sondag (waar ‘n wyk nie kan help nie) nodig het.  Gee asseblief jou naam op by die kerkkantoor (017 - 712 6883).  Baie dankie!



MELD AAN EN  BOU SAAM!
Gaan kyk gerus in die saal hoe jy betrokke kan raak en help om ons mooi gemeente te bou. Ons het plakkate met die verskillende diensgroepe van ons gemeente daar aangebring met inligting van die dienswerk wat so ’n diensgroep doen. Daar is plek waar jy jou naam kan inskryf. Moenie vergeet van 2014 se blombeurte (heel links op die ander kennisgewingbord) nie. Elkeen se betrokkenheid en hulp sal verseker dat ons ook van ons gemeente sal kan sê: HIER IS LEWE!



SENIORDIENS

Neem solank kennis van ons SENIORDIENS wat sal plaasvind op 27 Oktober en nie meer op 6 Oktober soos op die kerkkalender aangedui is nie, want Ds Giel is daardie tyd (6-11 Okt) by die Alg. Sinode.Alle “oumas” en “oupas” welkom!


Op Sondag, 22 September, sal daar nie ‘n erediens hier by die kerk wees nie. Almal word hartlik uitgenooi na ‘n GESAMENTLIKE DIENS by die Skougronde!


BYBELVERSPREIDING 
BORGE / DONASIES BAIE NODIG.

Bybels in Afrikaans, Engels en Zoeloe is by die kerkkantoor beskikbaar teen R35 stuk. Die kantoor gee ook soms bybels gratis weg, en om dit te kan doen, is borge / donasies nodig. Dit kan sommer in ‘n gemerkte koevertjie in die kollektesakkie gegooi word. Baie dankie! 


AMAJUBA
Omsendbriewe oor die Amajuba-uitstappie op 25 Augustus, is by die Sondagskool uitgedeel. 

Besorg asseblief die skeurstrokie terug of kontak vir: Anita Stassen by 071 609 7469.



REKORDEKSAMEN

Sterkte met die kwartaal wat voorlê, veral vir die matrieks wat hierdie kwartaal rekord eksamen skrywe.