Wednesday 29 May 2013

Erediens 26 Mei 2013

Hartlik welkom by vanoggend se erediens en doop van Cilliers Odendaal.


NOOD KERKRAADSVERGADERING!
Die KR-vergadering van 20 Mei was nie ‘n kworum nie, daarom is ‘n dringende Kerkraadsvergadering belê vir komende Sondag, 2 Junie, direk na die erediens in die konsistorie. Belangrike besluite met die oog op die Ringsitting moet geneem word.

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese, Tee & Koffie: Ja.
Mannebidure: Ja
Woensdae (by Hennie Pretorius) om 06:00 Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.
VOETSPORE (Hoërskool jeug): Ja.
*Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

Liefste Tuinliefhebbers!
Ons benodig ongeveer 50 ysterpaaltjies (ongeveer 0.5-1cm in deursnee en ongeveer 1.8m hoog) om te dien as stutte vir ons Iceberg-rose. Indien jy kan help, kontak asseblief vir Anita by 0716097469. Dankie!

DANKOFFER
Indien jy nie meer oor ‘n DANKOFFERKOEVERTJIE beskik nie, gebruik gerus ‘n gewone koevert en dui aan: Dankoffer - Naam / voorletters en van. Baie dankie!

BLOMBEURTE
VANDAG:
Hilda Kruger          
VOLGENDE WEEK:
Hannelie le Roux

SKINKBEURTE
VANDAG:
Wyk 2 + 5
VOLGENDE WEEK:
WYK 3


Ons BID graag vir:

  • Thys Vosloo (Hendrika: 0835193516) wat aan erge hartversaking ly.
  • Pieter Loock (Janette 0732249227) wat veloorplantings ontvang het vir ernstige brandwonde na ‘n ongeluk by die werk. Dit gaan al baie beter. Ons dank die Here vir gebedsverhoring.
  • Susan Steyn - Willem Steyn (0828996686) se vrou, wat steeds beperkte vermoëns het, na ‘n beroerte. 
  • Lukie du Plessis, en haar ouers Manie (0826525362) en Lucia (0827871667). Lukie vorder goed met haar behandeling. 
  • Lena Luus is tuis na ‘n voetoperasie. Ons bid vir  krag tydens die verdere behandeling en  genesing.
  • Delene de Waal is in intensief en word behandel na ‘n rugoperasie. Ons bid vir volkome herstel.

SMS “Voorbidding: naam” na 072 401 9039, om op hierdie lys te verskyn. 
SMS “Voorbidding: naam AF” na 072 401 9039, om van die lys afgehaal te word.