Tuesday 12 March 2013

Kerkblad 17/03/12


17 MAART 2013

Hartlik welkom by vanoggend se erediens wat gelei sal word (asook volgende Sondag) deur Ds Koos Verster, aangesien Ds Giel ‘n operasie ontvang het. Baie dankie Ds Koos.


Neem asseblief kennis van die Gemeente Inligtingsvergadering wat sal plaasvind op Sondag 21 April tydens die erediens 9:15 –10:30. Dit sal handel oor die toekomstige funksionering van Gemeente.

Spesiale Kerkraads-vergadering
(vir alle kerkraadslede)
15 April 2013 om 18:30 in die kerksaal.

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese: Ja
Tee & Koffie: Ja

Mannebidure: Ja
*Woensdae (by Hennie Pretorius) om 06:00
*Dinsdae (in die gebedskamer) om 06:15

VOETSPORE (Hoerskool jeug): Ja
*Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

BLOMBEURTE:

Vandag:
Ilna Pretorius

Volgende Week:
Debra vd Merwe

Indien jy graag wil help om ’n blombeurt waar te neem, skakel die kerkkantoor dat ons jou kan bel indien ons iemand vir ’n betrokke Sondag (waar ‘n wyk nie kan help nie) nodig het.  Gee asseblief jou naam op by die kerkkantoor (017 - 712 6883).  Baie dankie!

SKINKBEURTE
Vandag:
Wyk 30

Volgende Week:
Geen





GEBED:
Ons BID graag vir:
  • Ds Giel (0828522137) wat hierdie week gegaan het vir ‘n breukoperasie. Asook sy vrou, Marie (0723415372) wat wonderbaarlik herstel het na ‘n ligte beroerte.
  • Francois (0832540717) en Elmarie Tonkin, wie se ouers, Delarey en Erazel Tonkin, ‘n plaasaanval oorleef het. Dankie vir genade, Heer.
  • Pieter Loock (Janette 0732249227) wat veloorplantings ontvang vir ernstige brandwonde. Dit gaan effens beter. 
  • Arrie Eksteen (0824900823). Die heupoperasie was ’n sukses. Hy sterk tuis aan. Hy ontvang binnekort ’n opvolgoperasie.
  • Koos (0836578690) en Ria Brink wie se skoonseun, Ds De Bruin Krog, oorlede is.
  • Susan Steyn - Willem Steyn (0828996686) se vrou, wat steeds beperkte vermoëns het, na ‘n beroerte. 
  • Lukie du Plessis, en haar ouers Manie (0826525362) en Lucia (0827871667). Lukie vorder goed met haar behandeling. 
  • Braam (Jan van Zyl se broer) en Annemarie van Zyl wie se dogter, Alicia (25 jr oud) oorlede is na ’n siekbed.
  • Mollie Greyling (moeder 0177126137) en Hilda Kruger (suster 0823255605) met die afsterwe van Hein.
  • Corrie van Rooyen (0734665670) wat opgeneem is in Marpeh met longinfeksie.
  • Christo Saayman (Louise Saayman: 0726845873) wat sy kakebeen gebreek het.
  • Chris Boshoff (Sakkie en Annanet: 0827363316) sterk tuis aan met longontsteking.
  • Leiers van ons gemeenskap. Vir wysheid in die hantering van dag tot dag sake.
SMS “Voorbidding: naam” na 072 401 9039, om op hierdie lys te verskyn. 
SMS “Voorbidding: naam AF” na 072 401 9039, om van die lys afgehaal te word.