Wednesday 19 June 2013

Gebed NG Moedergemeente Standerton


SMS “Voorbidding: naam” na 082 852 2137, om op hierdie lys te verskyn. 
SMS “Voorbidding: naam AF” na 082 852 2137, om van die lys afgehaal te word.

Die veiligheid van ons boere.

Elke DINSDAG om 12:00 bid ons almal vir die gemeente.

Die plantseisoen  -  ons bid dat die Here die boere sal bewaar en lei in hulle taak.  Ons bid ook dat die Here reën sal gee op sy bestemde tyd.

Ons land se ekonomie.  Mag die Here ons bewaar en lei in die moeilike tye van die wêreldekonomie wat ons land ook direk raak.

George Naudé (0837038909) wat verdere behandeling  vir kanker moet ontvang. Ons bid vir krag vir hom en Jakkie.

Reën—Ons buig in groot liefde en in ootmoed voor die Here en bid dat Hy uitkoms sal gee met die droogte in ons land. Mag die Here ons genadig wees.

Deon en Mimi de Villiers bedank almal wat vir Deon gebid het met sy operasie. Dit gaan al baie beter met Deon.

Ons land se ekonomie.  Mag die Here ons bewaar en lei in die moeilike tye van die wêreldekonomie wat ons land ook direk raak. Ons bid vir integriteit en eerlikheid in alle sektore van die staatsdiens en ekonomie.

Mara Ackermann (+27842074487) wat opgeneem is vir versorging in die siekeboeg van die Ouetehuis. Ons bid vir vrede en krag.

Ita Genis, Koos Brink se suster, wat aan kanker ly. Sy woon in ’n aftree oord in Heidelberg Kaap. Sy is positief en gelowig. Ons bid vir vrede en krag.

Volgende Sondag is  NASIONALE BIDDAG VIR REëN Ons bid saam met die Christelike kerke van ons land vir God se genade en voorsiening.

Drienie van der Vyfer wat  ongesteld is en tuis aansterk. Ons bid vir genesing en vir Syd haar man wat haar bystaan.