Thursday 20 June 2013

Erediens 16 Junie 2013

CMR WINTERHOOP PROJEK

Foto:News 24

Tot Donderdag, 20 Junie!

Ondersteun asseblief die CMR se landswye Winterhoop Projek.
In Standerton kan komberse kan by die volgende plekke ingehandig / afgelaai word:

Die CMR, Advertiser / Ibis, ABSA, Standard Bank, Nina’s Koffiewinkel, Haas Das, Little Angels, Spar, Pick ‘n Pay, Laerskool Standerton, Laerskool Kalie de Haas en Hoërskool Standerton.

Baie dankie!

SONDAGSKOOL:


Dit is deel van elke ouer se doopbelofte, dat ons ons kinders moet opvoed in die Woord. 
Ons het egter nie genoeg Sondagskool personeel nie. Indien dit op u hart gedruk word en u ons kan uithelp, kontak asseblief vir:
Anita Stassen 071 609 7469
Ds Giel 082 852 2137

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese, Tee & Koffie: Nee.
Mannebidure: Ja
Woensdae (by Hennie Pretorius) om 06:00 Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.
VOETSPORE (Hoërskool jeug): Nee, maar is gewoontlik Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

BLOMBEURTE
VANDAG:
Jolene Greaves
VOLGENDE WEEK:
Irma Viljoen

SKINKBEURTE
VANDAG:
Geen
VOLGENDE WEEK:
Geen

Die volgende attestaat is ontvang vanaf Rant-en-Dal: 
Heinrich Steinbach

DANKOFFERKOEVERTJIES:
Die dankofferkoevertjies is hierdie week gepos saam met u kwitansie en ds. Giel se brief. Wees asb op die uitkyk. Dankie vir u bydrae, en deelname ons waardeer dit opreg.



Wednesday 19 June 2013

Gebed Elders


Ons gemeente bid graag vir ander reg oor ons land!
SMS “Voorbidding: naam” na 0845807420, om op hierdie lys te verskyn. 
SMS “Voorbidding: naam AF” na 0845807420, om van die lys afgehaal te word.


Gebed NG Moedergemeente Standerton


SMS “Voorbidding: naam” na 082 852 2137, om op hierdie lys te verskyn. 
SMS “Voorbidding: naam AF” na 082 852 2137, om van die lys afgehaal te word.

Die veiligheid van ons boere.

Elke DINSDAG om 12:00 bid ons almal vir die gemeente.

Die plantseisoen  -  ons bid dat die Here die boere sal bewaar en lei in hulle taak.  Ons bid ook dat die Here reën sal gee op sy bestemde tyd.

Ons land se ekonomie.  Mag die Here ons bewaar en lei in die moeilike tye van die wêreldekonomie wat ons land ook direk raak.

George Naudé (0837038909) wat verdere behandeling  vir kanker moet ontvang. Ons bid vir krag vir hom en Jakkie.

Reën—Ons buig in groot liefde en in ootmoed voor die Here en bid dat Hy uitkoms sal gee met die droogte in ons land. Mag die Here ons genadig wees.

Deon en Mimi de Villiers bedank almal wat vir Deon gebid het met sy operasie. Dit gaan al baie beter met Deon.

Ons land se ekonomie.  Mag die Here ons bewaar en lei in die moeilike tye van die wêreldekonomie wat ons land ook direk raak. Ons bid vir integriteit en eerlikheid in alle sektore van die staatsdiens en ekonomie.

Mara Ackermann (+27842074487) wat opgeneem is vir versorging in die siekeboeg van die Ouetehuis. Ons bid vir vrede en krag.

Ita Genis, Koos Brink se suster, wat aan kanker ly. Sy woon in ’n aftree oord in Heidelberg Kaap. Sy is positief en gelowig. Ons bid vir vrede en krag.

Volgende Sondag is  NASIONALE BIDDAG VIR REëN Ons bid saam met die Christelike kerke van ons land vir God se genade en voorsiening.

Drienie van der Vyfer wat  ongesteld is en tuis aansterk. Ons bid vir genesing en vir Syd haar man wat haar bystaan.












Voorbiddingslys

Ons gemeente bid graag hierdie week vir die volgende mense: