Friday 17 January 2014

Erediens 19 Jan 2014

Hartlik welkom by vanoggend se erediens.
Ons vertrou dat almal heerlik vakansie gehou het.



Jy gaan baie spyt wees as jy nie by ons Karnaval op 22 Februarie gaan wees nie! 

Basaarstalletjies gaan rondom die teetuin in die  Sondagskoolklas-vierkant wees. 
Die Potjiekoskompetisie (vir mooiste stalletjie, mees kreatiewe en beste spangees) gaan onder dakkies op die parkeerterrein wees! 

Daar’s ‘n springkasteel, water-glybaan (slip & slide), sakresies, toutrek, “blind mans bluff,” karaoke, ballon gooi, ballon veerpyltjies, vissies vang, spookhuis, kussinggeveg, “paintball,” “face painting” en inkleurkompetisie vir die jongmense en kinders.

Daar gaan ook “eier-op-lepel-loop”-kompetisie vir ons Seniors wees. (Aftree oord ingesluit!)

Kyk asseblief op die losblaadjie met wát of wáár jy kan help.
Enige navrae, kontak Julinda van Dyk (sameroeper) by 083 256 5603.


Blombeurte:
VANDAG:                    
Judy Geyser
VOLGENDE WEEK:
Rina Jacobs


Skinkbeurte:
VANDAG:  
Wyk 21 + 22
VOLGENDE WEEK:
WYK 23 + 24

Hierdie week:
Pikkies & Kategese: Ja
Tee & Koffie: Ja

Mannebidure: Ja
Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.

VOETSPORE: Ja
Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

Onthou:
Dagbestuursvergadering: (Begroting)
Maandag, 10 Feb om 18:30

Kerkraadsvergadering: (Begroting) 
Maandag, 24 Feb om 18:30


Belydenisklas  2014 (Graad 11)
Ons begin komende Dinsdag 21 Januarie om 14:00 in die personeelkamer van SHS en sal daarna elke Dinsdag direk na skool (14:00-14:45) daar bymekaar kom.

Ds Giel lei die groep en die Belydenisaflegging is op 19 Oktober 2014.


PERSOONLIKE BESONDERHEDE— LIDMAAT
En indien enige van jou besonderhede verander het, laat weet asseblief die Kerkkantoor deur bloot die veranderinge in die kollektesakkie te gooi met “Aandag: Lidmaatregister”.

NUWE INTREKKERS
Welkom in ons gemeente. Vul asb ‘n vorm by die hoofingang in. Plaas dit weer op die tafel. Ons sal graag met u in verbinding wil tree.


Belangrike Datums: 



Klipkerk Karnaval: 22 Februarie
Take Aways: 27 Maart