Wednesday 16 July 2014

Maak my bewus van my eie nietigheid ...

"Vader in die hemel, maak my vandag bewus van my eie nietigheid, nie sodat ek myself sal bejammer nie, maar sodat ek beter sal besef presies hoe afhanklik ek van U is; nie om daaroor wanhopig te word nie, maar sodat ek my hoop sal kan vasknoop aan die grootheid van u genade." (Sören Kierkegaard)

Thursday 5 June 2014

Sondag se tema: BEEF OF LEEF ... huiwer jy of gaan jy. Die Gees van God kom met MAG en KRAG!

Tuesday 3 June 2014

Meet en Weet ... Sekerheid

Vanaand se Pinkster tema:  Meet en Weet ... Sekerheid
Tyd:  18:30
Sop en broodjies word na die tyd in die saal bedien.

Gebedshandjie


Wednesday 21 May 2014



Vertrou God, Hy is in beheer!

Wednesday 23 April 2014

Monday 10 February 2014

Doop McKayla Loggenberg


Ons doop vir McKayla Loggenberg!
GEBORE: 15/02/2011
GEDOOP: 02/02/2014
OUERS: (Ma) Loraine Vrettas

Baie geluk.

Friday 17 January 2014

Erediens 19 Jan 2014

Hartlik welkom by vanoggend se erediens.
Ons vertrou dat almal heerlik vakansie gehou het.



Jy gaan baie spyt wees as jy nie by ons Karnaval op 22 Februarie gaan wees nie! 

Basaarstalletjies gaan rondom die teetuin in die  Sondagskoolklas-vierkant wees. 
Die Potjiekoskompetisie (vir mooiste stalletjie, mees kreatiewe en beste spangees) gaan onder dakkies op die parkeerterrein wees! 

Daar’s ‘n springkasteel, water-glybaan (slip & slide), sakresies, toutrek, “blind mans bluff,” karaoke, ballon gooi, ballon veerpyltjies, vissies vang, spookhuis, kussinggeveg, “paintball,” “face painting” en inkleurkompetisie vir die jongmense en kinders.

Daar gaan ook “eier-op-lepel-loop”-kompetisie vir ons Seniors wees. (Aftree oord ingesluit!)

Kyk asseblief op die losblaadjie met wát of wáár jy kan help.
Enige navrae, kontak Julinda van Dyk (sameroeper) by 083 256 5603.


Blombeurte:
VANDAG:                    
Judy Geyser
VOLGENDE WEEK:
Rina Jacobs


Skinkbeurte:
VANDAG:  
Wyk 21 + 22
VOLGENDE WEEK:
WYK 23 + 24

Hierdie week:
Pikkies & Kategese: Ja
Tee & Koffie: Ja

Mannebidure: Ja
Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.

VOETSPORE: Ja
Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

Onthou:
Dagbestuursvergadering: (Begroting)
Maandag, 10 Feb om 18:30

Kerkraadsvergadering: (Begroting) 
Maandag, 24 Feb om 18:30


Belydenisklas  2014 (Graad 11)
Ons begin komende Dinsdag 21 Januarie om 14:00 in die personeelkamer van SHS en sal daarna elke Dinsdag direk na skool (14:00-14:45) daar bymekaar kom.

Ds Giel lei die groep en die Belydenisaflegging is op 19 Oktober 2014.


PERSOONLIKE BESONDERHEDE— LIDMAAT
En indien enige van jou besonderhede verander het, laat weet asseblief die Kerkkantoor deur bloot die veranderinge in die kollektesakkie te gooi met “Aandag: Lidmaatregister”.

NUWE INTREKKERS
Welkom in ons gemeente. Vul asb ‘n vorm by die hoofingang in. Plaas dit weer op die tafel. Ons sal graag met u in verbinding wil tree.


Belangrike Datums: 



Klipkerk Karnaval: 22 Februarie
Take Aways: 27 Maart



Wednesday 15 January 2014

Ons nuwe VISIE vir 2014



Facebook Page


Ons nooi al ons gemeentelede en vriende om gerus ons  bladsy op Facebook te gaan "LIKE".

Soek gerus ons bladsy op onder 

Nooi al jul vriende en familie uit om deel te wees van ons bladsy en sodoende meer van ons gemeente te leer!

Saturday 11 January 2014

Erediens 12 Jan 2014


Opgewonde oor 2014!

Hartlik welkom in die erediens!
Ons vertrou dat u heerlik 
vakansie gehou het.
Mag 2014 geseënd en vol van die Here se krag en liefde wees.



Ons Visie vir 2014:
ONS LEWE LIEFDE
… uit dank … met deernis … deur te dien

BELANGRIKE DATUMS (Kalender)
Kategese begin: 19 Januarie
Dagbestuur: 10 Februarie (Begroting)
Valentynsete : 14 Februarie
Nagmaal en Gemeentebraai : 16 Februarie
Klipkerk Karnaval : 22 Februarie
Kerkraadsvergadering: 24 Feb (Begroting)
Take Aways : 27 Maart

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese: Nee
Tee & Koffie: Nee
Mannebidure: Nee
Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15. 
VOETSPORE: Nee
Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.

VERGADERINGS:
Dagestuur:
(Begroting)
Maandag, 10 Feb om 18:30

Kerkraad: 
(Begroting)
Maandag, 24 Feb om 18:30

NUWE INTREKKERS
Welkom in ons gemeente. Vul asb ‘n vorm by die hoofingang in.
Plaas dit weer op die tafel.
Ons sal graag met u in verbing wil tree. Kantoor: 017 712 6883