Thursday 30 April 2015

Ek gee my oor in U hande ...

Here, ek gee my geheel en al in u hande oor.  Maak met my wat U wil!
U het my geskape. Wat wil U hê moet ek doen?
Loop U eie pad met my.  Wat dit ook al is, vreugde of pyn, ek is gewillig.
Ek offer aan U hierdie wense, hierdie genoeëns, hierdie swakhede, hierdie planne, hierdie neigings wat my van U weghou en my terugwerp op myself.
Ek wil wees waarvoor U my wil hê, ek wil word wat U van my wil maak.
Ek begeer om U te volg en bid maar net vir krag van dag tot dag.
(John Henry Newman)

Afkondigings 3 Mei 2015