Tuesday 6 January 2015

GEBED OM KALMTE

GEBED OM KALMTE:
God, skenk my die kalmte om te aanvaar wat ek nie kan verander nie
Die moed om te verander wat ek kan verander; 
En die wysheid om die verskil te sien.
Te lewe van dag tot dag, 
van moment tot moment.
Om moeilike tye te aanvaar
as 'n weg na vrede.
Om die sondige wêreld te neem soos wat dit is.
Nie soos wat ek wil hê dat dit moet wees nie.
Om daarop te vertrou dat U alle dinge goedmaak as ek my aan u wil oorgee.
Om in hierdie lewe gelukkig genoeg te wees en met U uiters gelukkig te wees in die ewigheid.
AMEN!