Friday 6 November 2015

Volg u ons?

Indien u die posts volg stuur asb vir my net 'n sms na 0842353796 en laat weet my sodat ek dit meer kan opdateer.  Ons Facebook blad word daagliks opdateer.  Indien iemand hierop volg sal ek dit met liefde ook hier plaas.  Groete Ceska

Afkonding 08.11.2015



Be Grateful


Friday 26 June 2015

Wegneemetes 2015 Inligtingsvorm

Voltooi asb hierdie vorm en faks terug na 086 425 8678 sodat ons met elke wegneemetes vir u 'n bestelvorm kan faks en u bestelling kan bevestig met 'n sms by die selnommer.

For I know the plans I have for you


Afkondigings 28 Junie



God is our Refuge


Thursday 30 April 2015

Ek gee my oor in U hande ...

Here, ek gee my geheel en al in u hande oor.  Maak met my wat U wil!
U het my geskape. Wat wil U hê moet ek doen?
Loop U eie pad met my.  Wat dit ook al is, vreugde of pyn, ek is gewillig.
Ek offer aan U hierdie wense, hierdie genoeëns, hierdie swakhede, hierdie planne, hierdie neigings wat my van U weghou en my terugwerp op myself.
Ek wil wees waarvoor U my wil hê, ek wil word wat U van my wil maak.
Ek begeer om U te volg en bid maar net vir krag van dag tot dag.
(John Henry Newman)

Afkondigings 3 Mei 2015



Tuesday 6 January 2015

GEBED OM KALMTE

GEBED OM KALMTE:
God, skenk my die kalmte om te aanvaar wat ek nie kan verander nie
Die moed om te verander wat ek kan verander; 
En die wysheid om die verskil te sien.
Te lewe van dag tot dag, 
van moment tot moment.
Om moeilike tye te aanvaar
as 'n weg na vrede.
Om die sondige wêreld te neem soos wat dit is.
Nie soos wat ek wil hê dat dit moet wees nie.
Om daarop te vertrou dat U alle dinge goedmaak as ek my aan u wil oorgee.
Om in hierdie lewe gelukkig genoeg te wees en met U uiters gelukkig te wees in die ewigheid.
AMEN!