Tuesday 23 July 2013

Erediens 21 Julie 2013

HIERDIE WEEK:
Pikkies & Kategese, Tee & Koffie: Ja
Mannebidure: Ja
Woensdae (by Hennie Pretorius) om 06:00 Dinsdae (in die gebedskamer) om 6:15.
VOETSPORE (Hoërskool jeug): Ja
Donderdae om 19:00 ini kerksaal, saam met Pieter Smit, ons jeugleier.


BLOMBEURTE:
VANDAG:
Naomi vd West.
VOLGENDE WEEK:
Anneli Meyer



SKINKBEURTE:
VANDAG:
Wyk 6 & 7
VOLGENDE WEEK:
Wyk 8

Indien jy graag wil help om ’n blombeurt waar te neem, skakel die kerkkantoor dat ons jou kan bel indien ons iemand vir ’n betrokke Sondag (waar ‘n wyk nie kan help nie) nodig het.  Gee asseblief jou naam op by die kerkkantoor (017 - 712 6883).  Baie dankie!


REKORDEKSAMEN
Ons hoop dat die wat met vakansie was lekker gerus het. Sterkte met die kwartaal wat voorlê, veral vir die matrieks wat hierdie kwartaal rekord eksamen skrywe.

BELYDENISGROEP
Die belydenisgroep van 13 katkisante gaan kamp gedurende die naweek van 9-11 Augustus. Ons bid die Here se seën toe op wat Willie Koen en Giel Roux daar gaan doen. Dankie aan elkeen wat gaan help. Die katkisante lê belydenis van geloof af op 13 Oktober 2013 tydens die oggenddiens.


MELD AAN – BOU SAAM!
Gaan kyk gerus in die saal hoe jy betrokke kan raak en help om ons mooi gemeente te bou. Ons het plakkate met die verskillende diensgroepe van ons gemeente daar aangebring met inligting van die dienswerk wat so ’n diensgroep doen. Daar is plek waar jy jou naam kan inskryf. Elkeen se betrokkenheid en hulp sal verseker dat ons ook kan van ons gemeente kan sê: HIER IS LEWE!

KINDERKAMER BEELD
Ons sal iemand professioneel moet vra om die beelduitsending na die kinderkamer te herstel. Daar is egter voldoende klank. Wees asb geduldig!


SONDAGSKOOL
Dit is deel van elke ouer se doopbelofte, dat ons ons kinders moet opvoed in die Woord. Ons het egter nie genoeg Sondagskool personeel nie... Indien dit op u hart gedruk word en u ons kan uithelp, kontak asseblief vir: Anita Stassen by 0716097469 of vir Ds Giel by 0828522137.


BYBELVERSPREIDING:
BORGE/DONASIES DRINGEND NODIG
Soos jy weet was Zulubybels by die kerkkantoor beskikbaar teen R25 stuk. Na die onlangse prysverhoging, kos hulle egter nou R35! Die kantoor gee soms bybels gratis weg, en om dit te kan doen, is borge / donasies nodig. Dit kan sommer in ‘n gemerkte koevertjie in die kollektesakkie gegooi word. Baie, baie dankie.



Take Aways


Volgende wegneemetedag is 26 Junie 2014!

Kliek Hier om die bestelvorm af te laai.